Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Noord-Kaapse boere gewaarsku oor moontlike laer reënval

Community
Rodrick Titus
Wed, 11 Nov 2026

Noord-Kaapse boere gewaarsku oor moontlike laer reënval

Noord-Kaapse boere word aangeraai om vroegtydig vir moontlike laer as normale reënval gedurende die komende somerseisoen voor te berei.

Die waarskuwing volg ná gesprekke oor die moontlike invloed van El Niño op landbouproduksie in die provinsie.

Kenners van die Landbounavorsingsraad het tydens 'n aanlyn gesprek die moontlike gevolge van veranderende weerpatrone bespreek.

Boere word aangemoedig om weervoorspellings noukeurig te monitor en hul gewasproduksie, watergebruik en veebelading daarvolgens te beplan.