Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SOEKTOG NA VERMISTE MAN NABY DOUGLAS DUUR VOORT

Community
Rodrick Titus
Mon, 02 Nov 2026

SOEKTOG NA VERMISTE MAN NABY DOUGLAS DUUR VOORT

Die familie van die 24-jarige Ricardo Steenkamp doen ’n beroep vir meer duikers om te help met die soektog na hom.

Steenkamp het na bewering op 25 Oktober verdwyn nadat hy in ’n rivier naby Douglas geswem het.

Familie en vriende is bekommerd dat die soektog deur ’n tekort aan polisieduikers belemmer word.

Daar word beweer dat slegs een duiker tot dusver aan die soektog deelneem.

Steenkamp het vermoedelik naby die samevloeiing van die Oranjerivier en Vaalrivier verdwyn.

Die Noord-Kaapse polisie sê ’n span van die SAPD se Soek-en-redding- en Duikeenheid gaan voort met die soektog.