LITIUM-AANVRAAG KAN NOORD-KAAPSE MYNBOU BEVOORDEEL
Die wêreldwye vraag na litium kan teen 2050 aansienlik toeneem, en die Noord-Kaap kan moontlik ’n rol speel om aan dié vraag te voldoen.
Volgens Benchmark Mineral Intelligence kan die wêreld teen 2050 die ekwivalent van 134 nuwe litiummyne benodig.
Die navorsingsfirma voorspel dat die jaarlikse vraag na litium meer as kan verdriedubbel. Dit kan volgens die voorspelling meer as 100 miljard Amerikaanse dollar se nuwe beleggings in mynbou verg.
Nader aan die huis het Lithium Africa se Springbok-projek, wat die historiese Norrabees-myn insluit, reeds twee nie-bindende befondsingsvoorstelle ontvang.
Daar is ook litiumvooruitsigte by Blesberg en ander gebiede noord van Springbok.
Kenners waarsku egter dat potensiële litiumneerslae nie noodwendig beteken dat myne gebou sal word nie. Befondsing, tegniese studies, regulatoriese goedkeuring en wisselende litiumpryse bly groot uitdagings