NAMAKWA GEE AANDAG AAN BORSKANKER-BEWUSMAKING
Die Namakwa-distriksdepartement van Gesondheid het saam met NEHAWU en die Kankervereniging van Suid-Afrika, oftewel CANSA, ’n borskankerbewusmakingsprogram by die Dr Van Niekerk-hospitaal in Springbok aangebied.
Die program was deel van Borskankerbewusmakingsmaand.
Die fokus was op bewusmaking, vroeë opsporing en gesondheidsopvoeding, asook ondersteuning vir mense en families wat deur borskanker geraak word.
Gesondheidswerkers het die belangrikheid van gereelde sifting en om bewus te wees van veranderinge aan die borste beklemtoon.
Die gemeenskap word aangemoedig om mediese hulp betyds te kry indien enige ongewone veranderinge opgemerk word