Loading...

NewsDesk

NewsDesk

VERMOORDE KEIMOES-VROU — VERDAGTE IN HEGTENIS

Community
Rodrick Titus
Mon, 02 Nov 2026

VERMOORDE KEIMOES-VROU — VERDAGTE IN HEGTENIS

Die polisie in Keimoes het ’n 32-jarige man in hegtenis geneem nadat die liggaam van ’n 44-jarige vrou, wat as vermis aangemeld is, naby die rivier in Currieskamp gevind is.

Die vrou se familie het haar op 24 Oktober as vermis aangemeld. Keimoes-polisie en die Upington-soek-en-reddingseenheid het daarna ’n soektog van stapel gestuur. Die Upington-K9-eenheid het die volgende dag by die soektog aangesluit.

Die vrou se liggaam is omstreeks half-twee die middag in ’n vlak graf naby die rivier gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Die ZF Mgcawu-distrikskommissaris, generaal-majoor Monica Sebili, het die ondersoekspan geloof vir hul volgehoue pogings wat tot die vinnige inhegtenisneming van die verdagte gelei het.