Rodrick Titus
Fri, 23 Oct 2026
Griekwastad-verpleegkundige dien haar tuisdorp
n Jong vrou van Griekwastad het haar droom verwesenlik om as verpleegkundige in haar tuisdorp te werk.
Enith Leonette Nkagisang Witbooi is ’n 34-jarige assistent-verpleegkundige by die Griekwastad Gemeenskapsentrum van die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid.
Sy het van kleins af in Griekwastad grootgeword en sê haar beroepskeuse is meer as net ’n werk – dit is ’n roeping.
Sy moedig jongmense aan om in hul drome te glo en deur volharding daarna te streef