Rodrick Titus
Fri, 23 Oct 2026
Waterpypbreuk raak verskeie Upington-gebiede
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit is besig om ’n gebreekte waterpyp agter die Bellevue-woongebied in Upington te herstel.
Die breuk kan volgens die munisipaliteit die watergehalte na Kameelmond, Ses Brugge, Kalksloot en Klippunt beïnvloed.
Inwoners word versoek om hul krane eers te laat loop sodat sand en modder uit die pype gespoel kan word.
Die stelsel sal na verwagting binne ongeveer 24 uur stabiliseer