Rodrick Titus
Fri, 23 Oct 2026
Een maand oue baba sterf in Warrenton-huisbrand
Die polisie ondersoek die dood van ’n een maand oue baba ná ’n huisbrand in Warrenton.
’n Geregtelike ondersoek is geopen om die omstandighede rondom die baba se dood op 16 Oktober vas te stel.
Volgens die polisie is geen ander familielede in die brand beseer nie.
Die oorsaak van die brand en die omstandighede rondom die baba se dood word steeds ondersoek