Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Kenhardt-boorling publiseer eerste boek

Community
Rodrick Titus
Fri, 23 Oct 2026

Kenhardt-boorling publiseer eerste boek

Die 51-jarige Katriena Olifant, ’n boorling van Kenhardt, het haar eerste boek, Die Pad na Geluk, gepubliseer.

Die boek vertel ’n verhaal van hoop, geloof, verlies, vriendskap en die soeke na geluk.

Olifant, ’n voormalige onderwyser wat nou in Upington woon, sê skryfwerk het haar gehelp om haar stem te vind nadat gehoor- en spraakprobleme haar loopbaan in die onderwys beëindig het.

Die boek is in Afrikaans en Engels beskikbaar