Rodrick Titus
Wed, 21 Oct 2026
DKM oor pyp breek
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het inwoners in Bellevue, Ses Brugge en Kalksloot in kennis gestel van ’n waterpypbreuk op die toevoerlyn.
Die Kameelmond-gebied sal ook deur die onderbreking geraak word.
Munisipale spanne is tans besig om die probleem te ondersoek en herstelwerk te beplan.
Die munisipaliteit sê verdere opdaterings oor die vordering met die herstelwerk sal verskaf word.
Inwoners word om verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die wateronderbreking veroorsaak word.