Loading...

NewsDesk

NewsDesk

LIEBENBERG LAAT VAAR BORGTOSAANSOEK – SAak WEER UITGESTEL

Community
Rodrick Titus
Tue, 20 Oct 2026

LIEBENBERG LAAT VAAR BORGTOSAANSOEK – SAak WEER UITGESTEL

Louis Liebenberg, die vermeende meesterbrein agter die diamantbeleggingskema, het sy borgtogaansoek laat vaar.

Liebenberg en sy medebeskuldigdes staan tereg op ernstige aanklagte wat verband hou met ’n beweerde diamantbeleggingsbedrogspul van meer as vier miljard rand. Die beskuldigdes word onder meer van bedrog, geldwassery, diefstal en rampokkery aangekla.

Die saak is nou tot 27 Oktober vanjaar uitgestel. Liebenberg se borgtogverrigtinge is reeds verskeie kere vertraag, onder meer weens ’n proses rondom sy psigiatriese evaluering by Weskoppies-hospitaal.

Die staat beweer dat beleggers deur maatskappye wat met Liebenberg verbind word, gelok is om geld in diamanttransaksies te belê, met die belofte van hoë opbrengste.