Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SPORTFASILITEIT IN KOMAGGAS OORHANDIG

Community
Rodrick Titus
Mon, 19 Oct 2026

SPORTFASILITEIT IN KOMAGGAS OORHANDIG

n Nuwe veeldoelige sportfasiliteit is by FC Smith Combined School in Komaggas in die Nama-Khoi-munisipaliteit oorhandig.

Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, en die Noord-Kaapse LUR Mangaliso Matika het die fasiliteit amptelik oorhandig.

Sporttoerusting is ook aan verskeie plaaslike sportklubs geskenk.

McKenzie het verder belowe dat gemeenskapsgimnasiums en speelgronde in drie gebiede in die distrik opgerig sal word.