ONSEEPKANS-ROSYNEBEDRYF GENEREER MILJOENE
n Gemeenskapsbeheerde landbouprojek in Onseepkans het van ’n sukkelende grondprojek in ’n winsgewende rosyneonderneming ontwikkel.
Elmboog Organiese Boerdery behoort aan 114 plaaslike grondeienaars en genereer volgens die jongste inligting sowat 17-komma-vier miljoen rand se jaarlikse inkomste.
Die produksie van rosyne het van 204 ton tot 514 ton toegeneem.
Die onderneming ondersteun meer as 360 permanente en seisoenale werksgeleenthede en skep ook jaarliks meer as twee-komma-vyf miljoen rand se huurinkomste vir grondeienaars.