Loading...

NewsDesk

NewsDesk

UPINGTONSE PROKUREUR SLUIT BY LANGE CARR & WESSELS AAN

Community
Rodrick Titus
Wed, 30 Sep 2026

UPINGTONSE PROKUREUR SLUIT BY LANGE CARR & WESSELS AAN

Die Upingtonse prokureur Nicolé Monique Vos het op 1 Julie vanjaar as ’n assosiaat by Lange Carr & Wessels Prokureurs se aktes-afdeling aangesluit.

Vos is ’n boorling van Upington en het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Upington voltooi. Sy het in 2018 haar LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en het ook die Regspraktykraad se Regskool voltooi.

Sy het in 2021 na Upington teruggekeer en haar leerklerkskap voltooi. Sy is in 2022 as prokureur toegelaat.

Vos spesialiseer hoofsaaklik in eiendomsreg en het ervaring met eiendomsoordragte, verbandregistrasies en -kansellasies en ander eiendoms- en notariële aangeleenthede.

Sy is in September 2025 as Aktebesorger toegelaat en in Januarie 2026 as Notaris.

By Lange Carr & Wessels sal sy onder meer eiendomsoordragte, verbandregistrasies en -kansellasies, ontheffings, onderverdelings en konsolidasies hanteer.