Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SALGA VERWELKOM HERSIENE WITSKRIF OOR PLAASLIKE REGERING

Community
Rodrick Titus
Wed, 30 Sep 2026

SALGA VERWELKOM HERSIENE WITSKRIF OOR PLAASLIKE REGERING

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering, SALGA, verwelkom die Kabinet se goedkeuring van die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering.

SALGA beskryf die goedkeuring as ’n belangrike mylpaal in die voortgesette transformasie en vernuwing van Suid-Afrika se plaaslike regeringstelsel.

Die hersiene beleidsdokument fokus op die toekomstige rigting en funksionering van plaaslike regering.

Die aankondiging kom kort voor SALGA Connect, ’n hoëvlak-rondetafelgesprek wat vandag in Gqeberha in die Oos-Kaap gehou word.

SALGA en Nelson Mandela-universiteit se Raymond Mhlaba-sentrum vir Regering en Leierskap werk saam aan die geleentheid, wat onder meer daarop fokus om vennootskappe vir beter munisipale bestuur en dienslewering te versterk.