Loading...

NewsDesk

NewsDesk

rekord styging verwag

Community
Rodrick Titus
Fri, 18 Sep 2026

rekord styging verwag

Die jongste ongeouditeerde brandstofprysdata van die Sentrale Energiefonds dui op aansienlike stygings in petrol- en dieselpryse vir Oktober.

Indien pryse volgens die huidige data aangepas word, kan 95-oktaan-petrol binnelands met ongeveer twee rand 29 per liter styg tot 29 rand 21.

93-oktaan kan met sowat twee rand 17 styg tot 28 rand 93 per liter.

Die groothandelprys van 50ppm-diesel kan met ongeveer twee rand 22 styg tot 32 rand 18 per liter.

Die verwagte stygings word hoofsaaklik toegeskryf aan hoër internasionale oliepryse.

Brent-ruolie het op 14 September tot ’n viermaandehoogtepunt van 109 dollar per vat gestyg.

Die syfers bly voorlopig en kan verander voordat die amptelike Oktober-brandstofpryse aangekondig word.