water bestuur aangemoedig
Waterbestuur en voorbereiding vir moontlike El Niño-toestande bly vanjaar ’n belangrike fokus vir Suid-Afrikaanse boere.
Die landbousektor begin die somerseisoen vanuit ’n beter posisie as tydens vorige droogtes, met goeie grondvog en sterk damvlakke.
El Niño kan egter warmer en droër toestande meebring, wat druk op waterbronne, weiding en gewasproduksie kan plaas.
In die Noord-Kaap, waar waterbronne reeds beperk is, word boere aangemoedig om waterverbruik vroegtydig te beplan, besproeiing doeltreffend te bestuur en waterverliese te beperk.
Veeboere moet ook weiding versigtig bestuur en seker maak dat genoeg drinkwater en voer beskikbaar is indien somerreën minder as verwag is.