Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Oranjerivier sal na verwagting stabiel bly

Community
Rodrick Titus
Thu, 17 Sep 2026

Oranjerivier sal na verwagting stabiel bly

Landbouleier Wilco Fourie sê die Oranjerivier behoort vir die volgende week relatief stabiel te bly ondanks voortdurende wateruitlate vanaf die groot opvangdamme.

Volgens die jongste damvlakke staan die Vaaldam op 99,5%, Bloemhofdam op 108%, Gariepdam op 100,8% en Vanderkloofdam op 99,6%. Fourie waarsku egter dat verdere reënval die uitvloei van Bloemhofdam kan verhoog omdat die dam reeds bo kapasiteit is.

Hy sê boere en inwoners langs die rivier moet steeds weer- en waterverwikkelinge monitor.