Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DA eis oplossing vir miljoene se munisipale skuld

Community
Rodrick Titus
Thu, 17 Sep 2026

DA eis oplossing vir miljoene se munisipale skuld

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap dring aan op 'n gesamentlike vergadering om die voortdurende wanbetaling van munisipale rekeninge deur provinsiale departemente aan te spreek.

Volgens die party het die Departement van Paaie en Openbare Werke teen Maart vanjaar meer as R608 miljoen aan munisipaliteite geskuld. Die DA voer aan dat hierdie skuld dienslewering benadeel omdat munisipaliteite nie genoeg fondse het om paaie, infrastruktuur en ander noodsaaklike dienste in stand te hou nie.

Die party sĂȘ die probleem vereis dringende optrede om munisipale finansies te beskerm en plaaslike ekonomiese groei te ondersteun.