Rodrick Titus
Thu, 17 Sep 2026
Ondersoek suiwer Kenhardt-beheerliggaamvoorsitter
n Ondersoek deur die ZF Mgcawu Onderwysdistrik het geen bewyse gevind om bewerings van magsmisbruik, nepotisme, intimidasie of onreëlmatige verkrygingsprosesse teen James Styles en sy vrou Anna Styles te staaf nie. Die ondersoek het verskeie getuies ondervra en dokumentêre bewyse nagegaan voordat die klagte as ongegrond verklaar is. Die distrik het egter aanbeveel dat goeie bestuurspraktyke en deursigtigheid steeds versterk word.