Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SAPD waarsku oor aanlyn-bedrog in Noord-Kaap

Community
Rodrick Titus
Thu, 17 Sep 2026

SAPD waarsku oor aanlyn-bedrog in Noord-Kaap

Die SAPD in die Noord-Kaap waarsku inwoners om versigtig te wees vir toenemende aanlyn-bedrog. Volgens die polisie is gastehuise in die Upington-omgewing onlangs geteiken deur bedrieglike skakels wat gaste vra om besprekings te bevestig of dienste te beoordeel. Die polisie maan die publiek om nooit persoonlike of bankbesonderhede deur onbekende skakels te deel nie en om alle aanbiedinge en betalings onafhanklik te verifieer.