Kenhardt man gestraf
’n 28-jarige man van Kenhardt, Edmund Snell, is tot 18 maande tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan huisbraak by ’n skool. Die inbraak het op 27 Mei vanjaar aan die lig gekom toe die skool se personeel ontdek het dat koperpype ter waarde van sowat twee-duisend rand en ander items gesteel is. Snell is deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal uitgeken, opgespoor en in hegtenis geneem. Al die gesteelde items is teruggevind. Sy borgtogaansoek is teengestaan en hy het in aanhouding gebly totdat hy gevonnis is. Die hof het hom ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.