SAPS oor vroue veiligheid
Die Noord-Kaapse SAPD waarsku vroue om waaksaam te wees te midde van ernstige en gewelddadige misdade teen vroue. Vroue word aangeraai om nie alleen in afgeleë gebiede te loop nie, besige en goed beligte roetes te gebruik en ’n vertroude persoon oor hul bewegings in te lig. Die polisie herinner die publiek ook daaraan dat daar geen wagtydperk is om ’n vermiste persoon aan te meld nie. Vermiste persone moet onmiddellik by die naaste polisiestasie aangemeld word. Die publiek word versoek om verdagte aktiwiteite of persone sonder versuim aan die polisie te rapporteer.