dkm slaan op stortings terein toe
Die Dawid Kruiper-munisipale wetstoepassings- en brandweerdienste het gister onverwags toegang tot die De Duine-munisipale stortingsterrein verkry en onwettige plakkers van die terrein verwyder. Die munisipaliteit waarsku dat stortingsterreine gevaarlik kan wees omdat dit giftige gasse, gevaarlike vloeistowwe en lugbesoedeling kan veroorsaak wat ’n risiko vir mense inhou. Die gemeenskap word versoek om nie op die stortingsterrein te woon of daar te plakkers nie. Die munisipaliteit sê gereelde klopjagte sal voortaan by die terrein uitgevoer word.