Loading...

NewsDesk

NewsDesk

MISA OOR VERMISTE PERSONE

Community
Rodrick Titus
Wed, 16 Sep 2026

MISA OOR VERMISTE PERSONE

Die niewinsorganisasie Missing in Southern Africa, MISA, doen ’n beroep op families om vermiste persone onmiddellik aan te meld.

Dit volg ná die onlangse ontdekking van die liggame van agt vroue in Ekurhuleni, Johannesburg.

MISA sê elke vermissing moet ernstig opgeneem word en dat vroeë aanmelding van kardinale belang is vir ondersoeke.

MISA se mediaskakelbeampte, Priya Ranchod, beklemtoon dat daar geen 24-uur-wagtydperk is voordat ’n vermiste persoon by die polisie aangemeld kan word nie.

Sy sê families moet so vroeg as moontlik optree, ongeag of dit ’n kind, volwassene, vriend of kollega is wat vermis word. Volgens Ranchod kan ’n vermiste persoon moontlik in gevaar wees, die slagoffer van ’n misdaad wees, in ’n ongeluk betrokke gewees het of siek geword het.

Ranchod sê hoe vroeër ’n vermissing aangemeld word, hoe gouer kan die owerhede en ander organisasies met die soektog begin en moontlike leidrade opvolg.