STEMDAG AMPTELIK VAKANSIE DAG
President Cyril Ramaphosa het Woensdag, 4 November, die dag van die plaaslike regeringsverkiesings, as ’n openbare vakansiedag regoor Suid-Afrika verklaar.
Die Presidensie het die aankondiging in ’n verklaring gemaak.
Ramaphosa doen ’n beroep op alle geregistreerde kiesers om die openbare vakansiedag te gebruik om hul demokratiese reg en burgerlike plig uit te oefen deur te stem.
Kiesers sal slegs by die stemlokale in die wyke waar hulle geregistreer is, kan stem. Kiesers wat op die verkiesingsdag reis, sal dus nie hul stem na ’n stemlokaal buite hul geregistreerde wyk kan oordra nie.
Die president het werkgewers ook aangemoedig om voorsiening te maak dat werknemers op 4 November hul grondwetlike reg om te stem, kan uitoefen.