Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Indaba by De Aar gehou

Community
Rodrick Titus
Wed, 16 Sep 2026

Indaba by De Aar gehou

Die eerste Distriksgemeenskapsveiligheidsindaba vir die Noord-Kaap is gister in De Aar gehou. Die geleentheid het regeringsdepartemente, die SAPD, gemeenskapsorganisasies en inwoners byeengebring om misdaad en veiligheidsuitdagings in die Pixley ka Seme-distrik te bespreek. LUR Limakatso Koloi het beklemtoon dat gemeenskapsveiligheid 'n gedeelde verantwoordelikheid is en dat samewerking noodsaaklik is om misdaad doeltreffend te bekamp.