Vonnis opgele
’n 27-jarige man is in die Fraserburg-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord. MoreAine Andreas het op Kersdag verlede jaar sy lewensmaat met bakstene aangeval nadat sy geweier het om saam met hom die perseel te verlaat. Sy het ernstige, lewensgevaarlike beserings opgedoen en is vir behandeling na Calvinia- en later Upington-hospitaal geneem. Andreas het ná die aanval gevlug, maar is vier dae later deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem. Borgtog is geweier en hy het in aanhouding gebly tot die einde van die verhoor. Hy is skuldig bevind aan poging tot moord en is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die waarnemende Namakwa-distriksbevelvoerder, Kolonel Moses Lekgwati, het speurder-sersant Ursula Van Wyk geloof vir haar deeglike ondersoek wat tot die skuldigbevinding bygedra he