Rodrick Titus
Wed, 16 Sep 2026
Koue nat weer verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor baie koue, nat en winderige toestande in dele van die NoordKaap van vandag tot Vrydag. In die Noord-Kaap word fyn en warm weer in die noorde verwag, terwyl dit bewolk tot gedeeltelik bewolk, koel tot koud sal wees in die res van die provinsie. Geïsoleerde buie en reën word veral oor die suidelike dele verwag. Baie koue, nat en winderige toestande word spesifiek in die suidelike Namakwa-distrik voorspel.