Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Masjiene op beslag gele

Community
Rodrick Titus
Wed, 16 Sep 2026

Masjiene op beslag gele

Die Noord-Kaapse Dobbel- en Drankraad het beslag gelê op 11 ongelisensieerde Chinese roulettemasjiene tydens klopjagte in Griekwastad en Barkly-Wes. Ses masjiene is in Griekwastad en vyf in BarklyWes gekonfiskeer. Die SAPD en Misdaadintelligensie het die operasie ondersteun. Altesaam 11 ondersoekdossiere is geopen. Die raad beplan ook om ’n taakspan saam met die SAPD, Nasionale Vervolgingsgesag en plaaslike munisipaliteite te stig om onwettige dobbelary te bekamp. Die raad waarsku ook oor die risiko van minderjariges wat aan onwettige dobbelary blootgestel word.