Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Augrabies Gemeenskaps kliniek

Community
Edward Jonkers
Tue, 15 Sep 2026

Augrabies Gemeenskaps kliniek

Inwoners van Augrabies word uitgenooi na ’n belangrike gemeenskapsvergadering wat môreoggend, 16 September 2026, by die Augrabies Gemeenskapskliniek sal plaasvind.

Na verwagting sal afgevaardigdes van die Provinsiale Departement van Gesondheid die vergadering bywoon.

Die vergadering volg te midde van verskeie gesondheidsorguitdagings wat inwoners die afgelope tyd ervaar het.

Plaaslike regeringsverteenwoordigers het inwoners aangemoedig om die vergadering by te woon, hul bekommernisse te lug en saam na moontlike oplossings vir die uitdagings in die plaaslike gesondheidsdienste te soek.