Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SAPD WAARSKU GEMEENSKAP OOR TOENAME IN AANLYN- EN BANKBEDROG

Community
Rodrick Titus
Tue, 15 Sep 2026

SAPD WAARSKU GEMEENSKAP OOR TOENAME IN AANLYN- EN BANKBEDROG

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Namakwa- distrik   waarsku   inwoners teen ’n toename in aanlyn- en bankbedrog, veral op platforms soos Facebook Marketplace.

Volgens die polisie lok misdadigers slagoffers met produkte wat teen onrealisties lae pryse geadverteer word. Kopers word versoek om vooruit per EFT te betaal, waarna die verkoper verdwyn en geen goedere gelewer word nie.

Nog ’n algemene   bedrogspul   behels persone wat hulself as bankamptenare voordoen.   Slagoffers   word   meegedeel   dat daar ’n probleem met hul rekening is, waarna hulle gevra word om PIN- nommers , eenmalige   wagwoorde   ( OTP’s ) of ander   vertroulike   bankbesonderhede   te verskaf.

Die SAPD   beklemtoon   dat geen wettige bank ooit   kliënte   telefonies   vir sulke inligting sal vra nie.

Die publiek   word   aangemoedig om versigtig te wees, geen   vertroulike   inligting te deel nie, en   verdagte   transaksies   onmiddellik by hul bank en die polisie aan te meld.