Rodrick Titus
Mon, 14 Sep 2026
Dwelmverwante Moord Lei tot 12 Jaar Tronkstraf
Luciano Donn, beter bekend as "Skarrel", is tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Vivian van Wyk in Port Nolloth.
Die Nationale Vervolgings Gesag se die hof het gehoor dat Donn die slagoffer in Maart 2025 doodgesteek het nadat hy dwelms van hom wou afneem. Hoewel die minimum vonnis vir die misdaad 15 jaar is, het die hof bevind dat daar versagtende omstandighede bestaan.
Die NVG sĂȘ die saak beklemtoon die vernietigende invloed van dwelmverwante geweld op gemeenskappe.