Kimberley-Man Kry Sewe Jaar vir Gesinsgeweld
Die Kimberley Streekhof het die 22 jarige Siphiwe Khumalo tot sewe jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy sy 20-jarige vriendin aangerand en met 'n wasgoeddraad gewurg het.
Die polisie se die voorval het in April vanjaar in Roodepan plaasgevind ná 'n rusie oor hul pasgebore kind. Die slagoffer kon ontsnap en die voorval by die polisie aanmeld.
Die hof het die beskuldigde se weergawe verwerp en hom ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. Die Nationale Vervolgins Gesag sê die vonnis stuur 'n sterk boodskap dat geslagsgebaseerde geweld ernstig opgeneem word.