Gesamentlike SA/Botswana-operasie Versterk Grensveiligheid
Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die Noord-Kaap werk saam met die Botswana Polisiediens en ander veiligheidsagentskappe om grensmisdaad langs die Suid-Afrika/Botswana-grens hok te slaan.
In 'n verklaring se die polisie, tydens die operasie is twee mans vir dwelmhandel in hegtenis geneem, terwyl dagga met 'n straatwaarde van sowat R5 400 en kontant gekonfiskeer is.
Drie ongedokumenteerde persone is ook aangehou vir oortredings van immigrasiewetgewing. Wetstoepassers het verder skade aan grensheinings ontdek en vermoed dat die gebied moontlik vir smokkelary van vee en ander onwettige aktiwiteite gebruik word.
Die ondersoek duur voort.