curriebeker koors loop hoog in noordkaap
Die Suzuki Griquas pak Saterdag die Pumas in die Curriebeker-eindstryd by die Suzuki-stadion in Kimberley. Dit sal ’n herhaling wees van die 2022 Curriebeker-eindstryd, toe die Pumas die Griquas met 26-19 in Kimberley geklop het om hul eerste titel te verower. Die Griquas is die verdedigende kampioene nadat hulle verlede jaar die titel in Johannesburg gewen het. Hulle het vanjaar se tuiseindstryd verseker met ’n oortuigende 52-12-oorwinning oor die Leeus Sondag. Die Pumas het intussen die Griquas vroeër vanjaar in die SA Cup-eindstryd in Kimberley met 38-35 ná ekstra tyd geklop. Die Griquas mik daarna om die Curriebeker op eie bodem te wen, terwyl die Pumas op ’n geskiedkundige dubbel jag nadat hulle reeds die SA Cup gewen het