Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Adjunkminister doen beroep op Chinese ondernemings om Suid-Afrikaners aan te stel

Community
Rodrick Titus
Wed, 05 Aug 2026

Adjunkminister doen beroep op Chinese ondernemings om Suid-Afrikaners aan te stel

Die Adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Jomo Sibiya, het Chinese sake-eienaars in die Wes-Kaap aangemoedig om Suid-Afrikaners eerste vir werksgeleenthede te oorweeg.

Hy sê Suid-Afrika waardeer Chinese beleggings, maar dat alle werkgewers die land se arbeidswetgewing moet nakom.

Sibiya het beklemtoon dat die hoë werkloosheidsyfer dit noodsaak dat plaaslike werksoekers voorkeur geniet wanneer poste gevul word.