Inbreker onder rusbank aangekeer in Loeriesfontein
Die polisie in Loeriesfontein het 'n 31-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo onder 'n rusbank probeer wegkruip het nĂ¡ 'n huisbraak.
Volgens die polisie het beamptes tydens 'n roetinepatrollie verdagte beweging by 'n onbewoonde woning opgemerk. Nadat hulle toestemming van die eienaar verkry het om die huis binne te gaan, is die woning deurgesoek.
Die verdagte is onder 'n rusbank gevind en in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal en sal in die Landdroshof op Calvinia verskyn.
Die Distrikskommissaris van Namakwa, brigadier Schalk Andrews, het die polisielede geloof vir hul vinnige optrede en waaksaamheid.