Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Boomplantprojekte en Augustus-programme op Interregeringsforum bespreek

Community
Rodrick Titus
Wed, 05 Aug 2026

Boomplantprojekte en Augustus-programme op Interregeringsforum bespreek

Verskeie ontwikkelingsake, waaronder boomplantprojekte in die Dawid Kruiper Munisipale gebied, is bespreek tydens die Interregeringskommunikasieforum wat in die raadsaal van die munisipaliteit gehou is.

Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Forum vir Ouer Persone, die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ook hul programme vir Augustus 2026 voorgelĂȘ.

Wyksraadslede van die munisipaliteit het die vergadering bygewoon.