Rodrick Titus
Wed, 05 Aug 2026
Wateronderbreking raak verskeie nedersettings in Dawid Kruiper
Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het inwoners van Lambrechtsdrift, Karos, Leerkrans en Ntsikelelo in kennis gestel dat hulle 'n wateronderbreking sal ervaar weens 'n onbeplande kragonderbreking op Eskom se kragnetwerk.
Volgens die munisipaliteit gee Eskom tans aandag aan die probleem. Verdere besonderhede sal bekend gemaak word sodra meer inligting beskikbaar is.
Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.