BACKABUDDY-VELDTOG VIR JONG KANKERPASIËNT
'n BackaBuddy-veldtog is van stapel gestuur om die 27-jarige Mari Naudé te ondersteun nadat sy onlangs met borskanker gediagnoseer is. Mari, die ma van 'n driejarige seuntjie, wag tans op verdere mediese uitslae wat sal bepaal watter behandelingsplan gevolg gaan word. Die fondsinsameling is daarop gemik om haar en haar gesin met mediese en daaglikse uitgawes te help gedurende hierdie moeilike tyd. Lede van die publiek word aangemoedig om, waar moontlik, finansieel by te dra of die veldtog op sosiale media te ondersteun.