Rodrick Titus
Tue, 04 Aug 2026
SKOOLVEILIGHEID IN DIE KOLLIG
Die Departement van Basiese Onderwys het 'n driedaagse beraad oor skoolveiligheid in De Aar aangebied. Verteenwoordigers van skole, die SAPD, gesondheidsdienste en ander rolspelers bespreek uitdagings soos boeliegedrag, seksuele teistering, dwelms en vandalisme. Die doel is om veiliger leeromgewings regoor die Pixley ka Seme-distrik te bevorder.