Rodrick Titus
Tue, 04 Aug 2026
EKAPA SOEK REDDING DEUR BESIGHEIDSREDDING
Ekapa Minerals kan moontlik 'n finansiƫle reddingsboei ontvang nadat Hall of Diamonds aangebied het om R25 miljoen se na-aanvangsfinansiering te verskaf.
Die aanbod is gekoppel aan die eksklusiewe reg om alle diamante wat tydens die besigheidsreddingsproses geproduseer word, teen markverwante pryse aan te koop.
Indien die plan slaag, kan sowat 500 werksgeleenthede behoue bly.