Noord-Kaapse munisipaliteite sukkel om salarisse te betaal
vyf munisipaliteite in die Noord-Kaap het onlangs gesukkel om werknemers se salarisse te betaal weens ernstige finansiële probleme. Die munisipaliteite is deel van 11 in die provinsie waarvan die Nasionale Tesourie billikheidsdeelbetalings teruggehou het om beter finansiële bestuur af te dwing.
Die DA in die Noord-Kaap vra nou vir 'n gesamentlike ondersoek na die voortslepende finansiële krisis en dring aan op volhoubare oplossings. Volgens die party het swak finansiële bestuur reeds gelei tot agterstallige betalings aan pensioenfondse en groot skuld aan Eskom en waterrade.
Die DA sê die Tesourie se streng optrede wys dat die behoorlike toepassing van munisipale wetgewing 'n betekenisvolle verskil kan maak.