Brandstofpryse aangepas vanaf Woensdag
Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne het nuwe brandstofpryse aangekondig wat Woensdag in werking tree.
Die prys van petrol daal met 52 sent per liter, terwyl die prys van diesel met tussen R1,23 en R1,38 per liter styg.
Verligtingsparaffien styg met 2,3 sent per liter, terwyl die maksimum kleinhandelprys van vloeibare petroleumgas (LPG) daal.
Die departement se woordvoerder, Robert Maake, sê die daling in die internasionale ruolieprys het tot die verlaging in petrolpryse gelei. Hy sê diesel- en paraffienpryse het egter gestyg weens voorsieningstekorte wat verband hou met die Rusland-Oekraïne-konflik en Rusland se uitvoerbeperkings.
Maake sê die gemiddelde Brent-ruolieprys het gedurende die oorsigtydperk gedaal, terwyl die rand effens teenoor die Amerikaanse dollar verswak het. Hy voeg by dat die pryse van propaan en butaan ook afgeneem het, en dat die sogenaamde slate levy met 52,56 sent per liter verlaag is, van 113,94 sent na 61,38 sent per liter, in die prysstruktuur van beide petrol en diesel.