Upington kontrakteurs groep wil plaaslike boubedryf versterk
Die Upington kontrakteurs groep, beter bekend as UCG, het sy visie bekend gemaak om 'n sterk netwerk van kontrakteurs, entrepreneurs en geskoolde vaklui in die streek te vestig.
Die organisasie, wat op 4 Maart gestig is se in n verklaring hulle wil samewerking tussen kontrakteurs bevorder, nuwe sakegeleenthede skep, vaardigheidsontwikkeling ondersteun en werkskepping stimuleer.
Volgens die UCG is die doel ook om professionaliteit, gehaltewerk en etiese sakepraktyke te bevorder, terwyl plaaslike kontrakteurs bemagtig word om meer mededingend vir projekte te wees en volhoubare ondernemings te bou.