Rodrick Titus
Mon, 03 Aug 2026
NOORD-KAAP BEMARK ENERGIEGELEENTHEDE IN CHINA
Die Noord-Kaapse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, is deel van 'n Suid-Afrikaanse afvaardiging na China.
Die besoek fokus op beleggings in hernubare energie, groen waterstof en die uitbreiding van elektrisiteitsinfrastruktuur.
Die Noord-Kaap se potensiaal as Suid-Afrika se voorste hernubare-energieprovinsie word aan internasionale beleggers bekend gestel.