Rodrick Titus
Mon, 03 Aug 2026
ROSYNTJIEBEDRYF BRENG WEER REKORDOES IN
Die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf het weer die 100 000 ton-kerf verbygesteek.
Volgens Raisins SA is meer as 80 miljoen kilogram langs die Oranjerivier ontvang, terwyl die Olifantsrivier-streek 'n rekordoes aangeteken het.
Die finale syfers word later hierdie maand bekend gemaak.