Rodrick Titus
Mon, 03 Aug 2026
SAPD WAARSKU OOR TOENAME IN AANLYNBEDROG
Die SAPD in Namakwa waarsku inwoners teen 'n toename in aanlynbedrog.
Bedrieƫrs doen hulle glo voor as banke, leningsinstellings en bekende maatskappye om mense se bankbesonderhede en eenmalige wagwoorde te bekom.
Die polisie maan inwoners om nooit persoonlike bankinligting te deel nie, verdagte skakels te vermy en enige bedrog onmiddellik by die SAPD aan te meld.