Rodrick Titus
Mon, 27 Jul 2026
AMORE MALGAS BEDANK ONDERSTEUNERS NA WÊRELDKAMPIOENSKAPPE
Die Noord-Kaapse kunstenaar Amore Malgas het haar opregte dank uitgespreek aan almal wat haar gehelp het om Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste te verteenwoordig. Malgas het individue, besighede, kerke, organisasies, borge, familie en vriende bedank vir hul finansiële bydraes, gebede en aanmoediging. Sy sê elke donasie, gebed en woord van ondersteuning het 'n verskil gemaak en dat sy nie hierdie mylpaal sonder hul hulp sou kon bereik nie.